Welkom by Rep en Roer Kleuterskool

oNS pERSONEEL

Nasorg

Skoolure

Ons Waardes

Rep & Roer se Visie is om elke kleuter binne ‘n veilige omgewing en in eie uniekheid skoolgereed te kry.  Met Christenskap as grondslag en Afrikaans as voertaal kweek ons hierdie waardes:

Geloof

Ontwikkeling

Respek

Omgee & Liefde

Previous
Next

Hoekom Rep en Roer?

Die skool bied ‘n optimale balans tussen die stimulasie van ons kinders se kreatiewe potensiaal, en hul emosionele en sosiale ontwikkeling, in voorbereiding vir die meer formele akademiese eise van ‘n primêre skool.

Ervare Onderwys

Christelike grondslag deur ‘n ervare juffrou en ‘n assistent in elke Junior klas.

Liefde en Aandag

Uniekheid word raakgesien en elkeen ervaar persoonlike aandag.

Veilige Omgewing

U kind se veiligheid is een van ons hoogste prioriteite. Die hekke wat toegang tot die perseel bied, werk met ‘n tag. Elke gesin ontvang een tag. Wat dan ook geld vir die uitgang.

Veilige Parkering

Veilige parkering en zebra strepe word gebruik, sodat u, sowel as u kind veilig is ten alle tye.

Verskeindenheid Aktiwiteite

Ons bied propvol opwindende programme aan wat verseker dat daar genoegsame deelname aan fisiese aktiwiteite is.

Nasorg Sentrum

Ons weet dat albei ouers soms werk, daarom bied die skool nasorg, sodat u kind steeds die sorg en aandag ontvang terwyl u nie daar kan wees nie.

Scroll to Top