Mooirivier Rep en Roer Kleuterskool is gestig in 1937 as ‘n vereniging sonder om wins na te jaag, en het ‘n reputasie opgebou as een van Potchefstroom se voorste pre-primêre skole. 

Die skool bied ‘n optimale balans tussen die stimulasie van ons kinders se kreatiewe potensiaal, en hul emosionele en sosiale ontwikkeling, in voorbereiding vir die meer formele akademiese eise van ‘n primêre skool. Ons is geleë op die Bult en is deel van Laerskool Mooirivier.

Laerskool Mooirivier  beskik oor sy eie private kleuterskool wat kleuters, die jaar wat hulle vier jaar oud word voorberei vir graad 1.

Skakel Mev. Hendra Greyling (Skoolhoof van Rep en Roer Kleuterskool) gerus tydens skoolure by tel nr. 018-294-5104 vir verdere inligting. 

Rep en Roer bied ook die volgende buitemuurse aktiwiteite aan:

  • Monkey Nastix

  • Tjomme met somme

  • Pottery

  • Krieket

  • Youngsters in action 

  • Playball

  • Tennis

  • Ballet

  • Experi Maatjies

  • Dansmuis

  • Active English

Scroll to Top